Het jy ‘n gedagte, geraamte of gevoel wat prentjies binne jou maak? HEIMLIK is ‘n interaktiewe poskaartboek wat op visuele wyse die duiwels en plesiere in elkeen blootlĂȘ – openbaar maar anoniem -as jy wil.
Nou hoe nou?
Wees kreatief - spoeg en plak as dit moet sodat die begeertes van jou hart, die storieboek van jou verlede of die vuil onder jou vingernaels op 'n poskaart gestalte kry...in Afrikaans! Stuur dan vir ons jou bydrae en ons sal dit hier plaas.